Kontakte en Links Pryse en Beskikbare Datums
 

Anderland bied die volgende vir troues:

Die beplanning en koördinering van troues.
Maklik geteerde toegangsroete tot by venue.
‘n Gotiese Kapel met houtkerkbanke wat bykans 200 jaar oud is en ‘n houtplafon met kerslig kanderlare.
‘n Kloostertuin met ‘n spuitfontein waar gaste na die diens ‘n rustige verwelkomingsdrankies kan geniet.
‘n Volledige gelisensieërde kroeg.
‘n Aparte opskeparea met ‘n kaggel
Onthaalsaal met kaggels en dansbaan wat 200 gaste gemaklik kan akkommodeer.
Netjiese, skoon toiletgeriewe wat ook gereeld
Skoongehou word tydens die funksie.
Pragtige tuine met natuurlike waterstroom en
reusagtige bome. (Ideaal vir onvergeetlike fotos)
Net een troue word per dag hanteer wat persoonlike professionele diens verseker.

 
Design and Hosting by Polar Design Solution