Testimonials
As fotograwe sien ons baie venues, maar dit is altyd vir ons ‟n hoogtepunt as ons ‟n troue by Anderland het. Nie net is dit een van die mooiste venues wat ons die voorreg gehad het om ‟n troue by te neem nie, maar Neil en Hanri is werklik goeie mense en het ‟n passie vir wat hulle doen. Ons het nog nooit ‟n troue daar afgeneem waar elke dingetjie nie soos klokslag loop nie. Hulle haal werklik die spanning van ons bruide se skouers af, wat veroorsaak dat hulle meer ontspanne is en hulle hulself sommer net soveel meer kan geniet. Dit maak ons werk net soveel makliker om daardie kosbare oomblikke vas te vang. Ons wil net dankie sê vir Neil, Hanri en Oom Emile wat ons altyd welkom laat voel. Ons gee julle 5 sterre. Neil. Kem Photography
 
Van die begin af al was Anderland nie net een van my gunsteling venues nie, maar eerder dié gunsteling. Ek is verlief op die ou Engelse gevoel wat hier geskep is, die massiewe ou bome oral op die perseel en die preekstoel in die kapel herinner my aan die 16de eeuse hervormers. Dis regtig idillies. Bo dit alles egter is die mense wat Anderland bestuur in 'n klas van hulle eie. Dinge loop net altyd reg. Neil gaan altyd uit sy pad om net nog iets perfek te kry en om seker te maak almal is gelukkig, die décor is pragtig gedoen en hulle sien om na almal se belange (ja selfs die fotograwe). Anderland staan werklik uit en ek kan hulle nie hoog genoeg aanbeveel nie. Ben Viljoen [info@benviljoenphotography.co.za]Neil, Hanri, Collie, Chris en al die personeel by Anderland
 
Ek en René wil net vir almal baie dankie sê vir ons pragtige troue by Anderland. Dit was 'n voorreg om daar te kon trou, dis regtig 'n pragtige venue (al was dit in die winter!). Baie dankie vir die professionele manier hoe julle al die trou reelings hanteer het, julle het dit vir ons baie maklik gemaak. Ek sal 'n paar foto's van die onthaal vir julle stuur sodra ek dit gekry het indien julle sou belangstel. Dan wil ek ook net vir Collie en Chris ook baie dankie sê vir al hulle hulp tydens die dag, alles het vlot verloop en daar was nie nodig om oor enige iets te "stress" nie! NS: Baie geluk met jul verskyning op Top Billing, ons het dit heel toevallig die Sondag na ons troue gesien! Dit het ons baie trots gemaak om te kon sê ons was ook daar getroud! ;-) Baie groete en seën vir julle, Caren en René Coetzee
 
Niel & HanriGraag wil ek julle bedank vir die PUIK reëlings Saterdag met Liezel (ons dogter)se troue. Die komplinente wat ons ontvang het vir julle puik diens, puik kos ,en ongelooflike pragtige venue is ontelbaar. Reaksie op die Facebook foto‟s was fenominaal – hulle se dit lyk soos kasteel in Londen. Nogmaals baie dankie dat julle ons dag so spesiaal gemaak het , en net alles uit ons hande gevat het – ons kon ontspan en geweet alles word gedoen en BAIE GOED gedoen. Ek sal ANDERLAND aanbeveel vir alle toekomstige bruide. (sal my 30ste trouherdenking daar kom vier volgende jaar !hahah) Nogmaals baie dankie Estelle Steyn
 
Hi Neil Ek en Susan is terug in beskawing en herroep nog steeds die ongelooflike troue wat julle vir ons laat realiseer het. Ons gaste praat nou nog van hoe mooi die plek is en hoe lekker die kos was. Ek, as iemand wat in Johannesburg groot geword het en nou ook al Potch goed ken, het nie gedink daar is so „n mooi venue in hierdie droë grasland area nie. Toe Susan my vertel van Anderland was ek maar baie skepties. Maar ek moet sê dit het my mooiste grootste drome oortref (ek klink amper soos „n bruid). Julle is definitief „n wenspan daar by Anderland. Neil dankie vir jou persoonlike insette in die troue, alles het net so mooi glad geloop, as mens geweet het hoe maklik jy als laat gebeur, sou mens nie so erg gestres het voor die tyd nie, ek kan nou met gemak se dat troue reël en laat gebeur is glad nie so erg en moeilik nie, by gesê dit moet deur Anderland gedoen word. Ek wens amper mens trou nie net eenkeer nie, sodat mens alles weer kan beleef en julle weer oor en oor kan ondersteun. Nogmaals dankie. Groete Rudo
 
Hi almal... Waar begin ek?....Daar is nie woorde vir die ongelooflike dankbaarheid wat ek voel teenoor elke liewe een van julle nie! Neil en Hanri- Ek het 'n prentjie in my kop gehad van wat ek wou he, maar julle het my grootste verwagtinge oorskry!! ALLES was perfek! Die blomme was en is nogsteeds pragtig! Die venue, die binnehof, alles was pragtig! Die diens wat julle lewer is uitstekend, die passie wat julle het vir elke liewe troue is wonderlik en ek sal julle "promote" waarookal ek mag gaan. Ons gaste kon nie uit gepraat raak oor die pragtige plek weg gesteek hier onder ons neuse nie. Ons is op reg BAIE dankbaar vir elke liewe dingetjie wat julle gedoen het om ons dag spesiaal te maak. Baie dankie aan Collie en die mense van Silver spoon - Die kos was puik, en die mense het verskriklik lekker geëet en kuier! BAIE BAIE DANKIE! Ben.... Dankie vir jou geduld, dankie dat jy van die begin af my gehelp het, en dat jy vir my "gebuig" het omdat ek jou so graag wou hê. Dit beteken vir my en my man :) verskriklik baie, en ek kan nie wag om die foto's te sien nie!! BAAAAAAIE DANKIE!!! Simpsons - Baie dankie vir die lekker "boogie" musiek, Henk is baie oulik en het ons lekker aan die dans gehou- daar was nie een oomlik wat die dansvloer leeg was nie :) Baie dankie!! Ek dink die feit dat toe die laaste liedjie gespeel het die dansvloer nog gepak was, is genoeg om elke liewe een te laat weet dat almal 'n ongelooflike lekker aand gehad het, en almal was baie hartseer om huis toe te moes gaan! Baie dankie! Groete Mark en Michelle :)
 
Goeiemore!Baie, baie dankie dat ons vir 'n derde keer 'n wonderlike troue by Anderland kon hou. Die tuine was lowergroen, netjies en pragtig en die geboue was uitstekend versorg. Dit alles dra by tot 'n prentjie-mooi troue. Ek sal ook in 'n e-pos vir Monty Schoeman van Silver Spoons bedank vir die heerlike kos en die keurige opdiening. Ons was so bly dat Hanri peonies in die hande gekry het en dit het die ruikers baie spesiaal gemaak. Ek sal met groot vrymoedigheid enige persoon aanbeveel om 'n troue op Anderland te hou! Vriendelike groete Riana van Graan
 
Liewe Hanri & Neil Ons wil net BAIE BAIE dankie se vir al julle moeite met ons troue! Julle is waarlik uitsonderlike mense en julle diens was puik. Julle het regtig ons dag so spesiaal gemaak en alles vlot laat verloop, en ons waardeer dit baie! Daar is absoluut niks wat ons sou wou verander aan die dag nie, alles was perfek! Weereens dankie julle!* Groete Andre' & Janine Stroebel
 
Liewe Neil & Hanri Namens myself BAIE dankie vir julle uiters bekwame en vriendelike diens. Die funksie was puik en julle albei het my en die kinders te alle tye met soveel deernis en profesionaliteit behandel. Waardeer dit opreg. Ook vir Hanri se pa met die foto nemery - gaste het hom baie geniet !! Groete Wanda Kruger
 
Ons wil net baie dankie se vir die heerlike kos Saterdag aand! Julle het julself oortref! Ons het so baie komplimente gekry oor die kos – dit was fantasties! Beter as dit kry mens nie. Groete Bernice en Morne
 
Ons kom nou eers tot verhaal na troue van Johan en Mardine…. Dit het vreeslik gou verby gegaan. Ons wil jul net bedank vir die vreeslike lekker kos wat jul gemaak het. Die gaste kan nie uitgepraat raak daaroor nie. Nogmaals baie dankie vir jul hulp … ons waardeer dit baie. Groete Koos en Ann
 
Ek wil net van hierdie geleentheied gebruik maak om jou te bedank vir die baie lekker kos wat voorberei was met ons dogter se sprokies troue, jy weet in vandag se Suid Afrika waar diens iets is wat jy nie aldag kry nie al betaal jy ook daarvoor was Saterdag aand „n absolute “eye opener” om te sien hoe en waar se diens nog daar buite beskikbaar is. Die kos was regtig smaaklik en ons kon oor niks kla nie, baie dankie vir al jou moeite en jou professionele approach wat jy ook by die onthaal openbaar het, ek en my hele familie waardeer dit opreg. Gerhard Hendriksz
 
My dogter het by Anderland getrou waarvan julle die spyseniering gedoen het. Ek moet julle gelukwens met julle puik kos. Almal maar almal praat van die fantastiese kos. Ek het ook Anderland gekomplimenteer oor hul goeie keuse om julle as spyseniers te gebruik. Nogmaals dankie dat julle ons spesiale dag ekstra spesiaal gemaak het. Baie groete Buks en Estelle Steyn
 
Design and Hosting by Polar Design Solution