Anderland het in 2003 sy deure geopen en word deur Neil en Hanri Potgieter eienaars van die venue bestuur.

Neil se passie is om mense te dien en mens gaan ver moet soek om sy gelyke in persoonlike dienslewering te vind of te klop.

Hanri is die kunstige kreatiewe een wat verantwoordelik is vir die blomme, versiering en alle voorbereiding vir die spesiale dag.

Met rede is die naam Anderland gekies, omdat dit n besondere " anderlandse" paradys is ,wat vir die meeste mense versteek is soos n lank gesoekte skat.

Die asemrowende tuin is eerder n park waarin reuse bome groei wat meer as 160 jaar hier staan.

Deur die tuin vloei n natuurlike waterstroom en orals is interessante hoekies wat oneindige fotogeleenthede bied.

Dis n voelparadys en skep n atmosfeer van kalmte en rus. Meeste mense wie Anderland besoek, maak melding van die wonderlike atmosfeer van vrede wat hulle hier ervaar en is aangenaam verras om so n oase in die hart van Noord-Wes te ontdek.

Die spyseniering word deur Silver Spoon behartig en word met professionaliteit en fyn smaak voorberei en opgedien. Tydens elke troue of funksie is die kommentaar van gaste dat dit die lekkerste is wat hulle nog ooit op n troue of funksie geeet het.

Daar is altyd meer as genoeg, sodat gaste vir meer as een keer hulleself kan help. n Anderlandse troue is definitief n ervaring van persoonlike diens en professionaliteit en ons kan met groot dankbaarheid se dat ons al die voorreg gehad het om selfs n tweede en derde troue aan te bied vir verskillende lede uit dieselfde gesin.

Ons is trots om te kan se dat Anderland nie net nog n venue is nie , maar n plek wat n lewenslange indruk op ons tevrede kliente maak.

 
Design and Hosting by Polar Design Solution